Kilometer per uur

’n Motor se spoedmeter wat die snelheid in kilometer per uur aandui.

Kilometer per uur is ’n eenheid van spoed wat die afstand wat in ’n uur afgelê word in kilometer aandui.

Volgens die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte is die simbool (nie afkorting nie) km/h (amptelik in die meeste lande), of km•h−1.[1] Die afkorting kph is ook soms gebruik. Dit is wêreldwyd die mees algemene spoedeenheid op padtekens en spoedmeters.

In lande wat nie SI-eenhede gebruik nie, is die eenheid "myl per uur" (m.p.u. (af) of MPH (en) ).

  1. (fr) (en) "Hoofstuk 5: Règles d'écriture des noms et symboles d'unités et expression des valeurs des grandeurs/Writing unit symbols and names, and expressing the values of quantities". Le Système international d’unités; The International System of Units (8ste uitg.). Sevres, Frankryk: Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM). 2006. ISBN 92-822-2213-6.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search